Honderde diere dood in brandende skuur

In die omgewing van Elpersbüttel, Duitsland, het ’n jongeling met vuur gespeel in ’n reuse skuur wat tot die brand-dood van honderde diere gelei het.

Die seun het met die vuur gespeel wat toe verder versprei en onbeheerbaar geraak, en meer as 800 diere se dood veroorsaak het en die hele skuur is vernietig.

Sowat 500 skaaplammers, 300 groot skape, 80 melkkoeie en 6 perde het omgekom waarvan die meeste weens rook inaseming versmoor het.

Die vinnige optrede van die plaaslike brandweer het voorkom dat die brand ook die veeboer se woonhuis vernietig.

Die boer kon daarin slaag om ’n klompie beeste te bevry wat later deur sy vrou behandel is teen rookvergiftiging, maar sy moes ook hospitaal toe geneem word weens rook inaseming.