Hoës steier onder misdaad

Twee regters en ‘n minister was die afgelope dae slagoffers van misdaad.

Een van hulle was die hoofregter, Mogoeng Mogoeng, wie se kantoor in Midrand besteel is, waar talle rekenaars met sensitiewe inligting gesteel is.

Sekere burgerlike organisasies vermoed selfs dat politieke motiewe vir die inbraak verantwoordelik kan wees.  Regter Mogoeng het verskeie uitsprake gelewer waarvan die ANC en sy leier nie hou nie.

’n Regter van die hooggeregshof in Johannesburg is dieselfde dag by sy huis beroof.

En in Mtata is Nomvula Mokonyane, minister van water en sanitasie, beroof terwyl sy in ‘n hotelkamer gelê en slap het. Hulle het haar handsak, selfoon en tablet gebuit.

Foto: regter Mogoeng Mogoeng