Hernude aanslag teen Le Pen

Die nasionalis Marine Le Pen, wat tans die voorloper is in die wedloop om verkies te word as president van Frankryk, word opnuut aangeval in ’n poging om haar te elimineer as presidentskandidaat.

Le Pen wat ook lid van die Europese Parlement is, staar nou weer vervolging in die gesig weens haar insette op die sosiale netwerk Twitter.

Hierdie keer word pogings aangewend om haar parlementêre immuniteit te kanselleer wat beteken dat sy ook boetes ten bedrae van 75 000 euro opgelê kan word.

Die Europese Unie se Parlement het in ’n stemming Woensdag ten gunste daarvan gestem dat Le pen se reg tot immuniteit opgehef word

Die rede daarvoor is haar plasing van foto’s van die terroriste groep, die Islamitiese Staat, wat op Twitter verskyn het.

Die komitee wat ten gunste van die besluit gestem het, dien egter as ’n aanbeveling aan die groter vergadering, wat Donderdag die aanbeveling as besluit bekragtig het.

Onlangs het die Franse polisie Front Nasionaal se kantoor deursoek om bewyse te vind vir haar beweerde onreëlmatige hantering van EU geld wat nie na veiligheidswagte nie, maar na haarself sou gaan.

Tot hede kon geen van die bewerings en aanklagte teen Marine Le Pen enige bewyse tot skuldigbevinding lewer nie.

In die jongste meningspeiling het Le Pen se steun verder gegroei tot 28% teenoor die linkse Emmanuel Macron se 23% en die Republikein, Francois Fillon se 21%.

Foto- Marine Le Pen