Gautrein kry R19 miljard inspuiting

Die Gautrein spoorstelsel gaan ‘n beraamde R19 miljard inspuiting kry met 12 nuwe treine, nuwe roetes en bykomende stasies.

Nuwe aansluitings gaan gemaak word vanaf Samrand na Mamelodi en Hazeldean.

Die projek gaan bykans 20 jaar neem om te voltooi en daar word gehoop dat treine nie in Mamelodi gebrand sal word nie.