FED verhoog rentekoers

Die VSA, as grootste ekonomie in die wêreld, se besluite beïnvloed die wêreldekonomie. Die aankondiging deur die land se reserwebank (Federal Reserve) se president, Janet Yellen, die week om die amptelike rentekoers met 0.25% te verhoog tot 1.0% is dus wêreldwyd van belang. Daar is ook kennis gegee dat daar waarskynlik nog twee verhogings vanjaar verwag kan word. Die verhoging is die tweede binne drie maande.

Die verhoging is nie goeie nuus vir ontwikkelende lande soos Suid-Afrika nie, want dit lok internasionale beleggers terug na die VSA tot nadeel van ontwikkelende lande.

Die rentekoersverhoging deur die Federale Bank kan ook as ʼn positiewe siening oor die VSA se ekonomiese vooruitsigte gesien word wat goeie nuus vir die wêreldekonomie inhou. Die land se werkloosheidskoers staan tans op 4.7%.