EFF wil verkiesing afdwing

Die EFF dreig om hom amptelik van die parlement te onttrek ten einde ‘n proses aan die gang te sit om die staatshoof te dwing om ‘n vervroegde verkiesing uit te skryf.

Julius Malema, leier van die EFF, sê dat hy die afgelope tyd in gesprek met die DA was oor die opsie om hulle aan die parlement te onttrek.  Volgens Malema sal die parlement nie meer ‘n kworum hê as die DA en die EFF onttrek waarna die Konstitusionele Hof genader kan word om die Speaker opdrag te gee om die Parlement te ontbind en die President aan te sê om ‘n nuwe verkiesing uit te roep.