Doringtou / Asparagus falcatus

Doringtou is soos die naam “Asparagus falcatus” in die familie van die Asparagaceae. Hierdie plant word ook genoem “large forest asparagus, sicklethorn, yellowwood asparagus”. Die Afrikaanse naam “Doringtou” pas so mooi by hierdie plant, want dit is ‘n sterk immergroen plant vol dorings. Doringtou pas ook mooi omdat dit ‘n rankplant is en kan tot 7 meter hoog rank.

Die plant het blink donkergroen spiesvormige blare wat aan lang rankerige stingels vanuit die hooftak groei. Die blare word tot 80 mm lank en het ‘n prominente aar in die middel. Doringbos dra massas klein, wit skerpgegeurde blommetjies van September tot Desember en maak ‘n pragtige vertoning in die tuin. Dit is baie geskik om teen ‘n heining, wat nie so mooi is nie, te plant en u sal verstom staan hoe pragtig is hierdie plant. Daar verskyn bessies aan hierdie plante in die winter. Dit lok natuurlik baie voëls na die tuin. Die saad van hierdie plante is rond, blink en swart.

Die ouer stamme van Doringbos is ligte grys en het skerp harde dorings wat na die terugbuig na agter. Die dorings beskerm die plante teen diere en goggas wat dit dalk kan eet en beskadig. Dit verseker ook dat die plant goed klou teen ‘n heining of prieel omdat dit so hoog groei en dit is ideaal as versperring langs ‘n grensmuur.

Plant Doringbos in vol son, maar sal in halfskadu ook aard. Die grond moet goed gedreineer wees. Die wortels van Doringbos vertoon soos soetpatat se wortels. Dit aard die beste in warm gebiede. Doringbos is baie lief om in woude te groei en klim en klou goed teen boomstamme. Daar word van die blare ‘n smeermiddel gemaak en dit help om swelsels te verminder. Hierdie rankplant kan van saad gekweek word. Wanneer die plante ouer is, kan hulle by die wortelstelsel verdeel word indien u kans sien vir die dorings aan die stam. Die saad ontkiem binne 2 tot 3 weke.

Tuiniers, onthou dit is bolplant tyd. Gaan besoek gerus u kwekerye en tuinsentrums en skaf ‘n verskeidenheid van bolle aan vir die tuin. Geniet u tuin gedurende hierdie volgende maand met voorbereiding vir die grond om bolle te plant. Tot volgende keer.