Die vêr linkse aanslag

Die vêr linkses se houvas op verskeie Westerse regerings en hulle beheer oor die internasionale media kom deesdae skerp onder die soeklig, veral nadat president Donald Trump as VSA president verkies is. Die Britse Brexit en die opkoms van konserwatiewe partye in Europa het die linkse magte geskok en hulle probeer hard om in beheer te bly.

Die linkses wil nie hulle beheer prysgee nie, want dit sal ʼn groot terugslag vir die vestigingsproses van hulle ideaal van ʼn wêreldorde-regering wees.

Een van die invloedrykste persone in die aanslag teen konserwatisme en nasionalisme is George Soros. Die Westerse regeringsleiers wat tot nou toe as lakeie gebruik was, waaronder Barak Obama, Angela Merkel en Francois Hollande, se sterre is besig om te verskiet en die wêreldmagte wat hulle manipuleer raak paniekbevange. Die invloed van die misleidingsproses oor die massa se denke deur die linkse media is besig om veld te verloor en hulle wil beheer terugneem.

George Soros is die wêreld se groot kampvegter teen die opkoms van nasionalisme en konserwatisme. Hy beywer hom om sosialisme wêreldwyd te vestig en om dit wat met konserwatisme verbind word af te breek. Hy beskik oor ontsaglike finansiële vermoëns en het al verskeie regerings tot ʼn val gebring.

Soros spandeer honderde miljoene dollars om sy invloed te laat geld en het tentakels op baie strategiese plekke. Hy het ook spesiale invloed verkry in die optrede van verskeie linkse media, en by CNN vind hy veral toegang deur David Gergen en Christiane Amanpour. Sy linkse organisasies sluit in “Soros Web” met sy finansiering van $52 miljoen. Van sy ander tentakels is onder andere “Media Matters” en “Centre for American Progress”.

Soros het honderde miljoene dollar se ondersteuning aan Hillary Clinton se presidentverkiesing spandeer en hy verklaar openlik dat hy vir Donald Trump as Amerikaanse president tot ʼn val wil bring. Tydens die vroue optogte teen Trump na sy inhuldiging as president het hy meer as $90 miljoen verskaf ter ondersteuning aan ʼn groot aantal linkse vroue organisasies. Hy het ook belange by joernalistieke skole en het meer as 180 media-uitgange.

Die sogenaamde hoofstroom media in Suid-Afrika is duidelik ook onder die invloed van die linkse internasionale media en openbaar ook vyandigheid teenoor nasionalisme en konserwatisme, veral as dit met blankes te doen het.

Een van die voorste organisasies uit konserwatiewe geledere wat besluit het om Soros se aktiwiteite te ontbloot en teen te staan is die MRC-Action groep met hulle media en tv.