Des van Rooyen blaas R1 miljoen

Dit het die belastingbetaler bykans R1 miljoen gekos aan hotel- en gastehuis verblyf vir Des van Rooyen.

Van Rooyen het 122 nagte in hotelle en gastehuise deurgebring terwyl hy gewag het vir ‘n ministershuis in 2015. Die Departement van Ko-operatiewe Regering en Tradisionele Sake het meer as ses maande geneem om huisvesting vir van Rooyen te verkry nadat hy Nene as Minister van Finansies opgevolg het vir vier dae, voordat hy deur Gordhan vervang is.

Foto: Des van Rooyen