Boere moet optimaal bly boer vir voedsel

“As jy as boer nie by georganiseerde landbou betrokke is nie, moet jy jou kop laat lees.”

Dit was die woorde van mnr. Bennie van Zyl, hoofbestuurder van TLU SA, tydens ‘n byeenkoms op Potgietersrus waar veral boere ingelig is oor verskillende diversifiseringsmoontlikhede. Die geleentheid is aangebied deur TLU SA, Ou Mutual en Agri all Africa.

Mnr. van Zyl het verwys na die toenemende onsekerheid oor besitreg en sê dit is daaroor nodig dat boere betrokke raak by georganiseerde landbou om die bedreigings die hoof te kan bied. Hy sê boere moet intussen voortgaan om optimaal te boer om voedsel te produseer. “Ons moet dit nie uit ons hane laat gaan nie”, sê hy.

Landbougrond word internasionaal onbetaalbaar duur, en daarom is dit die moeite werd om planne te maak om die landbougrond te behou.

Mnr. Koos Nel van Ou Mutual het daarop gewys dat slegs 14% van suksesvolle familiebesighede die derde geslag haal omdat daar nie behoorlike opvolgbeplanning is nie. Daar word soms te veel belê in die boerdery sonder om bates op te bou en leefstyl te beskerm.

Foto: Die sprekers wat opgetree het by die diversifiseringseminaar in Potgietersrus