AFD baat by Nederlandse verkiesing

Die nasionalistiese politieke party, Alternatief vir Duitsland, met dr. Frauke Petry as leier, sal waarskynlik baat by die uitslag van die algemene verkiesing in Nederland waar die nasionalis, Geert Wilders, sterk groei getoon het alhoewel verwag is dat dit selfs groter sou wees.

Dr. Petry sê Geert Wilders het die korrekte sake geïdentifiseer as debatspunte in die Nederlandse verkiesing, alhoewel hy nie altyd die beste snaar aangeraak het nie.

Sy sê die kieser wil ’n duidelike boodskap kry, maar dit moet liefs nie op ’n harde wyse oorgedra word nie, want dit skrik hulle af, en gee aan die media die geleentheid om dit buite verband te ruk.

Petry sê die Nederlandse premier Rutte het groot voordeel gekry met sy optrede teen die Turkse ministers wat die land se binnekoms verbied is.

Met meningspeilings wat in verskeie Duitse deelstate gehou is, blyk dit dat die AFD sowat 12% steun geniet.

Sy is egter van mening dat die groei in steun wat Wilders se Party vir Vryheid gekry het, ’n positiewe uitwerking sal hè op die steun wat die AFD kan verwag.

Foto – Dr. Frauke Petry