Zuma-Sirkus kos belastingbetaler R11 miljoen

Volgens berekeninge het die sogenaamde staatsrede van die staatshoof, Jacob Zuma, die land ongeveer R11 miljoen gekos.

Dit nadat daar ‘n week voor die sirkus in die parlement aangekondig is dat die opening “slegs” R4 miljoen sal kos.  Die ontplooiing van meer as 400 weermaglede in en om die parlement het R204 000 bygedra tot die koste, maar waar die ander tien miljoen agthonderd duisend op spandeer is, is tans nog ‘n geheim.