Zuma se BBP beskermer se “matrieksertifikaat”

Die staatshoof, JacobZuma, se hoofbeskermer, King Ngcobo, word daarvan beskuldig dat hy ‘n vervalste matrieksertifikaat ingehandig het voordat hy aangestel is as hoof van die BBP beskermings eenheid.  Daar word in die binnekringe van die “Zuma-man” gepraat.

Ondersoeke na die dokument se egtheid is toegesmeer en gestaak. Sally de Beer, woordvoerder van die polisie, moes weer vure doodslaan deur te sê dat dit ‘n interne saak is wat ondersoek sal word.

Dit is die derde onlangse geval van sg. hoë polisie offisiere wat met vals sertifikate aanstellings bekom het .