Woedende Roemeniërs dwing regering

Tienduisende kiesers in Roemenië het die afgelope naweek in ’n vierde dag van protes, die strate in gevaar uit protes teen die regering.

Die protesteerders trek te velde teen die noodtoestand wat ingevoer is en die beoogde wetgewing wat amnestie sal verleen aan korrupte amptenare.

In die hoofstad Boekarest is derduisende mense wat nie afgeskrik is deur die owerheid se dreigemente nie, en het hulle die afgelope naweek op die plein voor die regeringsgeboue betoog terwyl talle ander stede in die land soortgelyke optogte gehad het.

Die betoging word beskryf as die grootste optog wat nog in Boekarest gesien is sedert 1989, en waarnemers meen daar is aansienlik meer as 200 000 mense wat aan die protes deelgeneem het.

Premier Sorin Grindeanu het Saterdag bevestig dat die beoogde maatreëls nie ongedaan gemaak sal word nie.

Die land se president, Klaus Ioannis, het die regters van die grondwethof versoek om die regering se dekreet onwettig te verklaar, aangesien dit amnestie sal verleen aan ’n groot aantal mense wat veroordeel is weens korrupsie in owerheidsinstellings waarby duisende euro betrokke is.

Intussen het die minister van handel, Florin Jianu, sy bedanking ingedien weens die verdeeldheid oor die maatreël en omstrede dekreet.

Die betogings het later so toegeneem in omvang dat die Roemeense regering verplig was om die beoogde wetgewing terug te trek.