Werklik lewe op Dwergplaneet?

Die kleinste dwergplaneet wat bekend is in ons sonnestelsel, is Ceres gedoop, en ruimtevaart deskundiges doen opnuut ’n intensiewe studie omdat die klein planeet oor al die elemente beskik wat nodig is om lewe te dra het die gesaghebbende vakblad, Science, bekend gemaak.

Ceres, met ’n deursnit van 950 kilometer is die grootste hemelliggaam tussen Mars en Jupiter, en is drie keer verder van die son as die aarde.

Die ontdekking van Ceres se organiese verbindings is gedoen deur “Dawn”, ’n ruimtetuig van die Amerikaanse Ruimtevaart Organisasie (Nasa).

Alhoewel die navorsers belangstel in Mars, Jupiter en Saturnus, word daar nou skerp gefokus op Ceres wat klaarblyklik redelik goed ooreenstem met die samestelling van die aarde.

Die ruimtetuig wat nou reeds twee jaar lank wentel om Ceres, het vasgestel dat daar vloeibare water en ys op die dwergplaneet is, wat die moontlikheid van die voorkoms van lewe bevorder.