Wêreld Nuusflitse – 28 Februarie

Vlaandere

Die nasionalistiese party in Vlaandere, Vlaams Belang, het aangekondig dat hy besig is om gereed te maak vir die 2018 verkiesing se kandidatelys, maar dat geen Moslem op die lys toegelaat word nie.

 

Maleisië

Die dood van Kim Jong-nam,  het binne 20 minute ingetree nadat hy met senuweegif in die gesig gespuit is. Kenners wys daarop dat een druppel van die middel wat soos water lyk, voldoende is om deur die mens se vel, die dood te veroorsaak.

 

Chili

Swaar reënneerslae het groot oorstromings in Chili veroorsaak en honderde huishoudings ontwrig wat meer as 4 miljoen mense sonder drinkwater gelaat het.

 

VSA

Die Oscar toekenning wat vir die beste film bedoel was, is verkeerdelik aan ’n ander produksie oorhandig, en moes daar na ’n kleitrappery vir die ontvanger van die film “Moonlight” verskoning aangebied word dat “La La Lanf” die Oscar gewen het. Kort na die fiasko is die film “Moonlight” ook bekroon met ’n Oscar wat glo huiwerig in ontvangs geneem is.