Wêreld Nuusflitse – 22 Februarie

Rusland

Die Russiese ambassadeur by die Verenigde Nasies,  Vitaly Churkin, is onverwags en skielik in die ouderdom van 64 jaar oorlede, na ’n dienstyd van meer as ’n dekade in die besondere amp..

 

Pole

Die nasionalistiese regering van Pole het die versoek van die Europese Unie om sy beoogde Grondwethervormings te stop, summier van die hand gewys en gesê die hervormings is in lyn met die Europese standaarde in ander lande.

 

Afrika

Meer as 1,4 miljoen swart kinders in Nigerië, Jemen, Suid-Soedan en Somalië kan in die volgende maande sterf weens hongersnood indien groot voedsel skenkings nie vir die lande beskikbaar raak nie, sê ’n woordvoerder van die Verenigde Nasies.

 

Amerika

Die bekende miljardêr, Bill Gates, stem saam dat regerings ’n belasting hef op robotte wat in nywerhede gebruik word wat mense arbeid uit skakel en gevolglik belastinginkomste vir die staat verminder.

 

Zimbabwe

President Robert Mugabe van Zimbabwe het Dinsdag sy 93 ste verjaarsdag gevier in die gebruiklike swier terwyl honderde burgerlikes in sy land ’n honger lewe lei.