Wêreld Nuusflitse – 2 Februarie

Israel

Die Israelse regering gaan nog 3 000 wooneenhede oprig in die nedersetting van die Westelike Jordaanoewer, terwyl die VN versoek het dat dit nie gedoen moet word nie.

 

Duitsland

Talle mense is in Berlyn, Duitsland, in hegtenis geneem wat verwant is aan die Islamitiese Staat terroriste groep, en sal in aanhouding bly tot verdere ondersoeke afgehandel is.

 

Frankryk

Marine Le Pen weier om 300 000 euro terug te betaal aan die Europese Unie nadat sy daarvan beskuldig is dat sy die fondse wanaangewend het, en ontken dit ten sterkste dat sy die geld misbruik het. Die EU dreig om die geld maandeliks van haar vergoeding te verhaal.