Warmbad se burgemeester se motor brand

 

Dit is nie net Ford se voertuie wat brand nie. Die burgemeester van Warmbad, wat deesdae as Bela Bela bekend staan, se privaat motor is deur ontevrede inwoners met ‘n petrolbom bestook.

Inwoners beskuldig die raad dat ‘n korrupsieverslag terug gehou word en is ook ongelukkig oor ‘n basiese fooi vir elektrisiteitsverskaffing, en het hulle op die gebruiklike wyse na die strate gewend met brandende buitebande en die gooi van klippe.  Die paaie na Nylstroom en na die N1-snelweg was ‘n tyd gesluit terwyl die betogers met hulle aksies besig was.

Daarna is hulle die woongebied binne waar die burgemeester se voertuig aan die brand gesteek het, asook ‘n munisipale kantoor.

Die burgemeester en van sy departementshoofde word glo in die verslag uitgewys as moontlike skuldiges aan korrupsie.

Intussen is oornag nog etlike winkels aan die brand gesteek en die situasie is gespanne.

 

Foto: Warmbad se burgemeester se motor in vlamme