Warm, warmer en bloedig warm

Die hoë temperature in die Wes-Kaap is dikwels rede vir mense om te kla maar die boere in die wyn- en droë vrugte bedryf is in hul noppies met die laaste twee weke se hoë temperature.

Die suikergehalte van die druiwe styg as gevolg van die hoë temperatuur en die droog van korinte en rosyne geskied vinniger.  Die droë Namakwaland sien egter uit na die koms van die eerste reëns in Maart wat nie net die blomme bring nie maar welkome groei in die veld laat plaasvind vir die skaapboere.