Wapenhandel styg kommerwekkend

Die wêreldwye handel in wapens en toerusting het in die tydperk 2012 tot 2016 met meer as 11% gestyg in vergelyking met die vorige vyf jaar.

Die waarneming is gepubliseer deur die Stockholm Instituut vir Internasionale Vrede Ondersoeke wat hul verslag so pas in Europa vrygestel het.

Wapenhandel het nou die grootste omvang bereik sedert die einde van die Koue Oorlog, is in die ondersoek bevind.

Die Instituut wat bekend is vir sy betroubare inligting, word hoog aangeslaan in Europa vir hulle bevindinge, en meld in die verslag dat die vraag na wapentuig uit lande in Asië en die Midde-Ooste baie toegeneem het.

Die vyf grootste uitvoerders van wapens gedurende die afgelope vyf jaar was die Verenigde State van Amerika, Rusland, Sjina, Frankryk en Duitsland.

Die vyf lande het gesamentlik 74% van alle wapenverkope gehad vir hulle eie rekening.

Indië was die grootste invoerder, en handel grotendeels met Rusland, met Saoedi-Arabië in die tweede plek, wat weer in Amerika hulle aankope doen wat  ’n groei van meer as 200% getoon het vir die tydperk.