VSA deportasie-program uitgebrei

Kort nadat die hof in Amerika bevind het dat die Trump-administrasie se dekreet van ’n reis verbod uit sewe Moslem lande ongrondwetlik is, het die regering met nuwe inisiatief begin deur mense te deporteer wat nie oor verblyf permitte beskik nie.

Die polisie fynkam byna elke dorp en stad om onwettige inwoners te identifiseer en te reël dat hulle die land verlaat.

Die regering het nou meganismes in werking gestel om die immigrante sonder wettige dokumente, ongeag waar in die VSA hulle mag woon, te deporteer.

Om dit moontlik te maak word ’n uitbreiding van die VSA se immigrasie agentskappe beplan wat deportasie veel vinniger laat plaasvind.

Nagenoeg 11 miljoen onwettige immigrante woon in Amerika, en kan nou met die nuwe maatreëls wat van krag word, gedeporteer word.

Kenners wys daarop dat die nuwe maatreëls ook voornemende immigrante wat onwettig in die land wil bly, ontmoedig terwyl menige sommer self die land verlaat uit vrees vir boetes en hardhandige optrede van die polisie.

Die deportasie maatreëls is ingestel om Amerikaners se veiligheid te verbeter teen die wêreldwye neigings van terroriste om op onskuldige mense toe te slaan.

Terwyl talle optogte gehou word om beswaar te maak teen die Trump-regering se immigrasie beleid, gaan die regering ongestoord voort met die beveiliging van die land.