Vliegtuig val in winkelsentrum

In Australië het ’n ligte vliegtuig onklaar geraak en neergestort op ’n winkelsentrum in Essendon, ten noordweste van Melbourne..

Vier insittendes was in die tuig toe dit gedurende besigheids ure op die dak van die sentrum neergestort het.

Volgens die Australiese polisie was die botsing so hewig dat geeneen van die insittendes die ongeluk oorleef het nie. 

Hoë vlamme met swaar rookwolke het die lug bokant die winkelsentrum gevul wat etlike kilometers vêr gesien kon word.

Die vier oorledenes was Amerikaanse toeriste wat Australië besoek het vir hulle vakansie, en die ongeluk het klaarblyklik gebeur toe die vliegtuig se masjien onklaar geraak het.