Vier immigrante gevang na Balfour-moorde

Twee Nigeriese burgers en twee Mosambiekse burgers is in hegtenis geneem na die koelbloedige moord op ‘n egpaar en hul bejaarde ouers in Balfour.

Die Valke meld dat hul in die hof in Balfour sal verskyn op aanklagte van moord, onwettige besit van vuurwapens en besit van ‘n gesteelde voertuig en goedere.

Dit sal egter nie die lewens terugbring van pa en ma en oupa en ouma nie.

Die reeds bestaande kultuur van barbarisme word verhoog deurdat die land se grense poreus is en oop is vir misdadigers wat instroom en in die land steel en moor.

Tot dusver is nog geen enkele woord van veroordeling oor die gru-moorde gehoor van die land se president of enige van sy ministers nie.

Mnr. Jan van Niekerk, VF+-lid in die Vrystaatse wetgewer, sê plaasmoorde raak almal in die land.  “Voedselsekerheid en die bydrae tot die BBP is van die faktore wat skade ly, maar die sosiale en sielkundige impak op plaaswerkers en landbouers en hul gesinne is onherroeplik.”