Verre Noord-Transvaal steeds onregeerbaar

Die situasie in Vuwani in die Louis Trichardt omgewing is steeds plofbaar. Inwoners in die gebied is die afgelope jare in ‘n stryd gewikkel met hul ANC kaders. Skole en poskantore word afgebrand oor paaie wat nie geteer word nie en protes teen inlywing van die gebied onder die Malumelele area.

Meer as 30 skole is in 2016 afgebrand as deel van die protes.  Eise dat die munisipale kantore gesluit moet word is aan die owerheid oorhandig.