Verkeerspersoneel betrokke by bedrog

Twaalf personeellede van die Tshwane verkeersafdeling is tans onder dissiplinêre verhoor nadat gevind is dat beamptes verkeersboetes “versteek”.  Dit gebeur deur voertuie te deregistreer, die boetes dan af te skryf en dan weer die voertuie te registreer. Sodoende is die verhaling van verkeersboetes nie meer haalbaar nie.

Meer as 100 beamptes is reeds uitgewys in die ondersoek en sal binnekort verhoor word.

Dit wil voorkom of verkeersowerhede landwyd hulle skuldig maak aan bedrieglike praktyke. Motoriste getuig daagliks van verkeersbeamptes wat hulle laat omkoop waardeur ernstige wetsoortreders met hulle misdade wegkom.