Van SONA na SOPA

Die sirkusgebeure in die parlement word afgewentel na provinsies waar lede van die EFF ook poog om vergaderings te ontwrig.

Tydens die Gauteng premier se rede in Johannesburg moes onluspolisie skokgranate gebruik om lede van die EFF uitmekaar te jaag wat die gebou wou ingaan.

Die gebeure by die Life Esidimeni kompleks waar meer as 100 psigiatriese pasiënte gesterf het nadat hulle oorgeplaas is na ander inrigtings, spook by die owerhede. Die EFF het gewaarsku dat polisiebrutaliteit nie baie langer geduld sal word nie.

Suid-Afrika sit op ‘n kruitvat. Aan die een kant is die EFF besig om moeg te word vir wat hulle noem polisiebrutaliteit, terwyl boere en ander blankes voel dat hulle moeg word vir die polisie se slapheid om hulle te beskerm na die stygende vlaag moorde teen boere en blankes.