Van Eskom na parlement

Groot omstredenheid heers oor die feit dat die voormalige Eskom-hoof, Brian Molefe, as parlementslid ingehuldig gaan word vir die ANC.

Ontleders is verstom oor die feit en sê dit wil voorkom dat iemand by ‘n semi-staatsinstelling gewerk het, daar ‘n gemors van gemaak het en toe gevra is om te bedank, dit dien as aanbeveling om ‘n kabinetspos te kry.

Daar word bespiegel dat Molefe adjunkminister van finansies kan word, alhoewel dit selfs nie uitgesluit word dat hy Pravin Gordhan kan vervang nie.

Intussen is noordwes se ANC kaders ontstoke en praat van bedrog en korrupsie om Molefe in die parlement te kry. Hy word voorgestel as ‘n ANC-lid van Hartbeespoort, maar die tak daar ken hom  nie.  Abram Mudau is gedwing om as parlementslid te bedank om plek te maak vir Molefe.