Valke ontken “ondersoek” van Jonas

‘n Woordvoerder van die Valke het in ‘n verklaring gemeld dat hul slegs met navrae besig is rondom Mcebisi Jonas, die adjunkminister van finansies, en dat hy nie ondersoek word nie.

Wat die verskil is tussen vrae wat aan Jonas gevra word en ‘n ondersoek rondom moontlike politieke beïnvloeding by SAL se onderhoudeenheid, is baie vaag.