UJ gaan streng optree teen boelies en ontgroeners

Die bestuur van die Universiteit van Johannesburg het aangekondig dat hul baie streng gaan optree teen studente wat hul skuldig maak aan boelie praktyke en ontgroening seremonies.

Hierdie sterk verklaring van die owerhede wil dit laat voorkom of ontgroening ‘n groter oortreding is as die afbrand van ouditoriums en beskadiging van eiendomme, soos wat verlede jaar landwyd met universiteite gebeur het.

Waarnemers is nuuskierig om te sien hoe daar teen #FeesMustFall betogers en vandale opgetree gaan word in die komende jaar, in vergelyking met die “misdadigers” wat ontgroening pleeg.