Tshwane Technikon gesluit

Die Tshwane Universiteit van Tegnologie is skynbaar verbaas oor studente wat sonder enige kennis die hekke gesluit het. Bande is weer gebrand sonder dat daar enige rede gegee, is aldus prof Stanley Mukhola, die vise-kanselier van die instelling.

Polisie het die situasie bloot dopgehou sonder om pogings aan te wend om die rumoerige studente te verwyder.

Intussen het die instelling met spesiale reëlings begin vir studente wat eksamens moet aflê.

Die hoof van die SA Kommuniste Party en ook minister van tersiêre onderwys, Blade Nzimandi, het gemeenskappe se hulp ingeroep om misdadige elemente uit te lewer wat onderwysinstellings plunder en afbrand. Waarom hy nie die polisie se hulp in die verband inroep nie, is met verbasing begroet.