Tshwane soek R10 miljard

Meer as R10 miljard se agterstallige gelde is verskuldig deur inwoners en instansies van die streek.

Volgens die burgemeester skuld staatsdepartemente R582 miljoen, besighede R1,6 miljoen en huishoudings R4,1 miljard.

As ons somme reg is skuld iemand nog R3,7 miljard aan die raad, en die groot vraag is wie dit kan wees?