Trump benoem generaal as veiligheidsadviseur

President Trump van Amerika het generaal Herbert McMaster benoem as veiligheidsadviseur in plek van Michael Flynn wat bedank het/

Flynn het kort na sy aanstelling bedank nadat dit vasgestel is dat hy in die geheim met die Russiese ambassade in kontak was maar dit aanvanklik ontken het.

Die 54-jarige Generaal Herbert Raymond McMaster word beskou as een van Amerika se mees dinamiese persoonlikhede in die Weermag wat ook oor baie ervaring beskik.

President Trump het tydens die bekendmaking van McMaster se benoeming gesê die generaal word deur almal in die Weermag gerespekteer.

McMaster het ’n reeks uitgebreide ervarings opgedoen in die Golfoorlog, was betrokke in Irak en in Afghanistan asook by die tragiese gebeurtenis van die Wêreld Handelsentrum van 11 September.

As Hoogleraar in Militêre geskiedenis wat sy militêre akademie voltooi het by Westpoint en die Stanford Universiteit, het Generaal McMaster ook direkteur geword van  die Army Capabilities Integration Center, ’n instituut wat werk aan opleiding, stelsels en materiale wat van toepassing is op die Weermag.

Pres. Trump oorweeg tans die moontlikheid om die oud weermag generaal Keith Kellogg te benoem as bykomende veiligheidsadviseur.

Foto – Pres. Donald Trump, Gen. McMaster (L), en Keith Kellogg.