Toename in gewapende roof by restaurante

Die Restaurante Vereniging van Suid-Afrika het hul kommer uitgespreek oor die toename in gewapende rooftogte by eetplekke in Gauteng.

Die nuutste voorval was in Verwoerdburg waar klante by ‘n Pizzawinkel beroof is.  In Midrand is 40 klante aangehou by ‘n ketting eetplek en een van die rowers is gewond deur ‘n klant wat gewapend was. Geen arrestasies is nog gemaak is beide die voorvalle nie.