TLU SA waarsku president oor grondbesettings

Nadat daar reeds twee briewe, onderskeidelik aan die waarnemende nasionale kommissaris van polisie, asook die minister van polisie, gerig is met die versoek om dringende vergaderings te belê met die oog op moontlike grondbesettings, en geen reaksie ontvang is nie, het die president van TLU SA, mnr. Louis Meintjes nou ‘n dringende skrywe aan president Jacob Zuma te rig.

In die brief word Zuma versoek om sy uitvoerende magte te gebruik om die tersaaklike staatsinstansies opdrag te gee om beplanning te doen ten einde onwettige en onregmatige grondbesettings, met moontlik lewensverlies, ledemate, fasiliteite en eiendom effektief te verhoed.

Indien dit nie die geval gebeur nie, behou ek die reg om burgerlike gepaste sekuriteitsmaatreëls te neem wat nodig geag sou word onder die huidige omstandighede om dreigemente te neutraliseer en/of seker te maak dat behoorlike vergoeding vir die verlies van die lewe, ledemate, of eiendom te verseker,” het mnr. Meintjes gesê.