Terroriste "hoofstad" volgende teiken

Die Siriese Demokratiese Vegters (SDF) het die afgelope twee dae met hewige gevegte, minstens 15 klein dorpies verower aan die oostelike kant van Raqqa, die terroriste se selfverklaarde hoofstad.

Die SDP wil nou opruk na Raqqa waar die Islamitiese Staat (IS) ingegrawe is met ’n paar duisend vegters.

’n Woordvoerder van die SDF sê hulle maak die gebied skoon van terroriste deur van een kant hulle aanvalle uit te voer, en is nou sowat 100 km van Raqqa, maar wil eers die ander kleiner dorpe verower voor hulle die sogenaamde hoofstad aanval.

Suksesvolle aanvalle is uitgevoer in die Deir ez-Zor gebied wat ’n olieryke provinsie is maar wat geheel en al onder Islamitiese Staat se beheer is.

Die SDF vegter, wat uit die ervare Koerdiese vegters, saam met Arabiese, Siriese en Turkse soldate bestaan, kry ook steun van Amerika.

Na verwagting sal aanvalle teen die IS terroriste in Raqqa binne enkele weke begin.