Swart boer spuit al sy beeste dood

‘n Swart boer van Ifafi in Natal, het dertien beeste verloor nadat hy waarskynlik ‘n oordosis van ‘n verkeerde gifstof gegee het om bosluise te beheer.

Bonginkosi Nene het skynbaar ‘n gifstof  meer as ‘n jaar gelede by die apteek gekoop, en dit wil voorkom of hy nie die regte dosis toegedien het nie. Binne minute was al sy beeste dood.

Na drie dae lê sy beeste steeds op die land aangesien hy opdrag gekry het van rampbestuur beamptes van die Ubuhlebezwe Municipality om hulle eers daar te laat aangesien die karkasse die gif in die plaaslike riviere kan stort, wat kan lei tot besoedeling.