Stadsraad se R1,2 miljoen blomme uitgawe

Die Mantsopa munisipaliteit in die Vrystaat het in die 2015/16 boekjaar R1,2 miljoen aan blomme spandeer. Daarbenewens is ook ‘n luukse Duitse motor ter waarde van R531 000 aangekoop vir die burgemeester.

Die raad bedien Excelsior, Hobhouse, Ladybrand, Thaba Patcho en Tweespruit.

Intussen beloop hulle Eskom rekening R98 miljoen, en staar hulle moontlike afskakeling van elektrisiteit in die gesig.