Speaker hoor niks, wil land regeer

Een van die deelnemers aan die wedloop om Jacob Zuma op te volg as staatshoof, Baleka Mbete, wil die land regeer, maar kan skynbaar nie hoor as iemand in die parlement die f-woord gebruik nie.

Sy het ‘n verskoning in die parlement voorgelees van Supra Mahumapelo, premier van Noordwes, nadat dié tydens die parlementsopening vir John Steenhuisen van die DA die f-woord toegesnou het en hom van rassisme beskuldig het.

Mbete het gesê sy lees die verskoning voor, maar sy het dit nie gehoor nie.

Die onderonsie het skynbaar plaasgevind nadat Steenhuisen vir Zuma gekritiseer het en gesê het hy is onbekwaam en benadeel die land.