Snowden dalk uitgelewer aan VSA

Die Russiese regering van president Vladimir Poetin kan moontlik op versoek van die Amerikaanse regering besluit om Edward Snowden uit te lewer aangesien die verhouding tussen die twee lande aansienlik beter is as tydens die Obama bewind.

Die vermoede bestaan dat Rusland dit as ’n gebaar van welwillendheid sal wil doen aangesien die twee lande tans op ’n meer vriendskaplike voet verkeer.

Snowden word deur die Amerikaanse intelligensiediens gesoek om verantwoording te doen vir sy daad van vertroulike inligting verspreiding tydens sy dienstyd.

President Trump het verskeie kere gesê hy sal alles moontlik doen om Snowden terug te ontvang in Amerika waar hy verhoor sal word vir die dade wat gepleeg is.

Die president het tydens ’n TV onderhoud gesê Amerika beskou Edward Snowden as ’n landsverraaier wat moet boet vir dy verraad.

Die Barack Obama regering kon nie daarin slaag om Snowden uitgelewer te kry nie weens sy onvermoë om ’n aanvaarbare internasionale verhouding met Rusland te bewerkstellig.

Foto – Edward Snowden