Skote klap fisies in ANC leierskapstryd

Alhoewel die topbestuur van die ANC steeds probeer ontken dat die leierskapsdebat in die organisasie al oopgestel is, klap die skote op grondvlak reeds.  In Giyani in die noorde van die land het die skote selfs letterlik geklap toe ondersteuners van Nkosazana Dlamini-Zuma en Cyril Ramaphosa mekaar fisies aangevat het.  Skynbaar het Dlamini-Zuma meer ondersteuners in hierdie gebied as haar opponent.

Die skote wat afgevuur is, is is skynbaar van ‘n veiligheidswag van die ANC. Van die strydende faksies wou ‘n amptelike vergadering ontwrig, wat tot die chaos gely het.  Verskeie takvergaderings van die ANC in die Limpopo provinsie het die laaste paar weke gewelddadig uitgedraai. Twee weke gelede is skynbaar ook skote afgevuur op ‘n vergadering in Letaba.