“Skop Rusland onder sy blaker”

Graham-080106-18270- 0005

’n Senior senator van Amerika het gevra vir strenger sanksie teen Rusland en Irak tydens die München Veiligheid Konferensie, te midde van president Trump se siening dat beter verhoudinge gehandhaaf moet word met Rusland.

Senator Lindsey Graham, ’n bekende Republikein in Amerika, het sonder om doekies om te draai, ’n sterk boodskap aan Moskou gestuur toe hy gesê het “dit is tyd om Rusland onder sy blaker te skop”.

Hy het die afgelope naweek gesê die jaar 2017 gaan die jaar wees om Rusland se blaker te skop.

Graham het na Rusland verwys in reaksie tot beskuldigings dat die Russe se inmenging in die Amerikaanse verkiesing daartoe gelei het dat Donald Trump die verkiesing wen.

Senator Graham het ook verwys na die belangrikheid vir Amerika om Navo te ondersteun en gesê die verbintenis met Europa is reeds meer as 70 jaar, en sal gehandhaaf word.

Hy het ook daarop gewys dat president Trump gevra sal word om stewiger sanksies teen Rusland in te stel.

Foto – Senator Lindsey Graham