Sjokoladekoek versiersel

Kom ons maak ‘n heerlike versiersel vir die sjokoladekoek vir die naweek wat voorlê.

 

Bestanddele:

1 blikkie karamel kondensmelk

500 ml versiersuiker

2 eetl kakao

5 ml vanielje geursel

200 ml botter

 

Metode:

Meng die botter en karamel kondensmelk tot lekker sag.

Sif die versiersuiker en kakao by en meng dan die vanielje in en meng als baie goed tot lig en donsig.

Versier die sjokoladekoek mildelik daarmee.

 

Hierdie is ‘n besondere versiersel. Dit meng maklik en lyk baie aanloklik.

 

Lekker eet!!