Sjinese militêre vermoë gelyk aan Weste

Die Sjinese se militêre tegnologie is besig om op “gelyke vlak” te kom met Westerse lande volgens die jongste verslag van ’n Londense “dinkskrum van deskundiges”.

Volgens die verslag kan dit nie meer aanvaar word dat die Weste ’n dominerende militêre stelsel het wat nie deur Sjinese tegnologie geëwenaar kan word nie.

Die Internasionale Instituut vir Strategiese Studies wys daarop dat Sjina 35% van Asië se militêre uitgawes in 2016 gehad het vir eie rekening en het meer wapentuig as die hele Asië.

Met ’n verdedigingsbegroting van $145 biljoen, wat byna twee keer hoër is as die gesamentlike begroting van Japan en Suid-Korea, word Sjina ’n land waarmee rekening gehou moet word.

Sjina se uitgawes in verdediging is slegs oortref deur die Amerikaanse weermag wat verlede jaar $604 biljoen spandeer het.

Sjina is ook besig met aanwending van die weermag tegnologie as handelskomponente, en Sjinese hommeltuie is waargeneem in verskeie Afrikastate soos Nigerië en selfs in die Midde-Ooste is dit opgemerk.

Sjina se handel in weermagtoerusting aan Afrika het reeds so ’n omvang dat dit Rusland verbygegaan het.

Militêre deskundiges reken die tyd is ryp om ’n beter verstandhouding met Rusland te bewerkstellig wat nie net vanaf Amerika afkomstig is nie, maar ook ’n Navo verhouding met Moskou sal versterk.