Sikloon op pad na Oos-Transvaal

Die Krugerwildtuin en die oostelike dele van Oos-Transvaal moet hulle voorberei op baie reën en oorstromings as gevolg van die naderende sikloon Dineo.

Die sikloon is op pad na Mosambiek maar sal Suid-Afrika se oostelike gebiede teen Donderdag bereik.

Die moontlikheid dat tentkampe in die wildtuin ontruim gaan word is sterk, asook om besoekers in ander kampe te hou totdat dit weer veilig is om verder te gaan.

Die publiek word gemaan om nie op paaie te beweeg waarvan hulle nie die oppervlakte kan sien nie, en om geen kanse te waag nie.