Schulz het meer steun as Merkel

Die opponerende Sosiaal Demokrate Party (SPD) se leier, Martin Schulz, wat deur die party aangewys is as kandidaat vir die kanseliersverkiesing in September, het volgens die jongste meningspeiling meer steun as Bondskanselier Angela Merkel.

Volgens die gesaghebbende opnemers van die peiling, sal Schulz sowat 16% meer stemme op hom verenig as daar nou ’n stemming gehou word.

Die SPD het aansienlik meer steun gekry nadat dit bekend geword het dat Martin Schulz met ’n oortuigende meerderheid aangewys is as kanselierskandidaat.

Volgens die peiling dal Schulz 50% van die stemme kry terwyl Merkel slegs 34% sal trek.

Schulz is alom bekend onder die Duitse kiesers uit hoofde van sy vroeëre verbintenis as voorsitter van die Europese parlement.

Merkel moes sien hoe haar steun die afgelope weke met 7% gedaal het volgens die peiling, maar dat die daling nie ten gunste van Schulz is nie, maar blykbaar ten gunste van die nasionalistiese Alternatief vir Duitsland se kandidaat, dr. Petry is.

Foto – Angela Merkel en Sigmar Gabriel