SAUK bly in die pekel

Die SAUK bly om al die verkeerde redes in die nuus, en die jongste is dat hy nie ‘n opdrag van die uitsaaiowerheid, OKOSA uitgevoer het nie.

Die SAUK het ‘n OKOSA-bevel verontagsaam, wat kan beteken dat die SAUK ‘n boete van tot ‘n miljoen rand opgelê kan word.  Aangesien OKOSA nie self die boete kan oplê nie, het hulle nou die Valke se hulp ingeroep om die saak te ondersoek en die SAUK formeel voor stok te kry.

Die saak spruit voort uit die SAUK se omstrede sensuurbesluit op 26 Mei 2016 waarvolgens ’n verbod geplaas is op die uitsending van beeldmateriaal oor gewelddadige betogings. OKOSA het die SAUK opdrag gegee om die besluit te herroep, wat flagrant deur die SAUK geïgnoreer is.