Samsung baas in aanhouding

Lee Jae-Yong, die man wat tweede in bevel staan by die Samsung maatskappy, is in hegtenis geneem weens beweerde korrupsie waarby miljoene dollar betrokke is.

Hy sal in aanhouding bly solank die ondersoek voortduur na korrupsie in die Samsung maatskappy, wat ook gelei het tot die bedanking van die Suid-Koreaanse president wat ook betrokke was in die skandaal.

President Park Geun-hye was genoodsaak om te bedank op aandrang van duisende kiesers wat dag na dag in die hoofstad betoog het wat haar bedanking geëis het.

Die regter van die Hooggeregshof het ’n bevel uitgereik teen Lee Jae-Yong, die visevoorsitter van Samsung, waarna die polisie hom in hegtenis geneem het.