SA Gesondheidsraad president se siek aanmerking

Die Hospitaal Assosiasie van SA (Hasa) het hul afkeur uitgespreek oor uitlatings deur dr. Kgosi Letlape se opmerking dat “mediese skemas” ‘n misdaad is teen menslikheid.

Die opmerking is gemaak tydens ‘n ‘n ontmoeting met akademici en professionele lui by die Universiteit van Natal.  Volgens Letlape kan daar geen nasionale gesondheidsorg wees as dit nie vir almal is nie.  Hasa se woordvoerder, Melanie Da Costa, toon dat miljoene mense in SA deur mediese skemas bedien word. ‘n Groot probleem is die tekort aan dokters, spesialiste en die verval in die publieke sektor van hospitale.

In SA is daar 60 dokters per 100 000 mense terwyl die wêreldgemiddelde 152 per  100 000 is. Agt mediese fakulteite lei dokters op in SA, dit beteken een fakulteit per 6,6 miljoen mense – Afrika se gemiddeld is 1 per 4,9 miljoen en Europa een per 1,8 miljoen. Suid Afrika raak selfs in Afrika agter wat mediese dienste betref.