Russe teiken Noorweë en Nederland

Twee Russiese groepe wat daarvan beskuldig word dat hulle betrokke was by die kaping van die Demokratiese Party in Amerika se rekenaarstelsel, is glo geïdentifiseer as die kapers wat Nederland en Noorweë in die visier het.

Dit blyk dat die groepe pogings aangewend het om die Nederlandse ministerie se rekenaars binne te dring.

Sover bekend kon die inbrekers nie daarin slaag nie, maar word dit vermoed dat hulle later hernude pogings sal aanwend.

Mediaberigte dui daarop dat pogings ook aangewend is om in Noorweë se inligtingsdiens in te breek .

Die twee groepe, slegs bekend as ATP128 en ATP129, het verlede jaar ingebreek op die linkse Demokratiese Party se stelsel in die VSA, maar is nou ook betrap vir hulle pogings in Nederland en Noorweë.

Nederland het besluit om die komende verkiesing se stemme per hand te tel uit vrees vir inmenging, terwyl België nou reeds sagteware ontwerp het wat volgens die opstellers daarvan, nooit binnegedring kan word nie, en in 2018 se verkiesing gebruik sal word.